George Sand | |
---|---|
Portret van George Sand deur Auguste Charpentier (1838) | |
Gebore | Amantine Lucile Aurore Dupin 1 Julie 1804 Parys, Frankryk |
Sterf | 8 Junie 1876 (op 71) Nohant-Vic, Berry, Frankryk |
Beroep | Romansier |
Beweging | Pastoralisme |
Eggenoot | Casimir Dudevant (trou 1822; geskei 1835) |
Kinders | Maurice Sand Solange Dudevant |
Ouer(s) | Sophie-Victoire Delaborde (moeder), Maurice Dupin (vader) |
Amantine Lucile Aurore Dupin de Francueil[1] (Franse fonetiese uitspraak: amɑ̃tin lysil oʁɔʁ dypɛ̃; 1 Julie 1804 – 8 Junie 1876), beter bekend aan haar pennaam George Sand (Franse uitspraak: ʒɔʁʒ sɑ̃d), was 'n Franse romansier.[2][3] In haar leeftyd was sy een van die gewildste skryfsters in Europa.[4] In die 1830's en 1840's was sy selfs meer beroemd as Victor Hugo en Honoré de Balzac in Engeland.[5] Sand word beskou as een van die noemenswaardigste skryfsters van die Europese Romantiese era, en het meer as 50 volumes verskillende werke geskryf, insluitende toneelstukke en politieke skrywes, naas haar 70 romans. Sy is ook veral bekend vanweë haar verhouding met die Poolse komponis, Frédéric Chopin.